8 Wie ’n kuil grawe, kan daarin val; en een wat ’n muur afbreek, ’n slang kan hom byt.
9 Wie klippe uitbreek, kan hom daarmee seermaak; wie hout klowe, kan daardeur in gevaar kom.
10 As die yster stomp geword het, en ’n mens die snykant nie geslyp het nie, moet hy die kragte meer inspan; maar wysheid is voordelig om iets te laat beantwoord.
11 As die slang byt voor die beswering, baat die besweerder nie.
12 Die woorde uit die mond van ’n wyse is aangenaam, maar die lippe van ’n dwaas verslind homself.
13 Die begin van die woorde van sy mond is dwaasheid, en die einde van sy mond is skadelike onverstandigheid.
14 En die dwaas gebruik baie woorde; maar die mens weet nie wat daar sal gebeur nie; en wat ná hom sal wees, wie kan hom dit te kenne gee?