3 Om verdrietig te wees, is beter as om te lag; want as die gesig droewig is, gaan dit goed met die hart.
4 Die hart van die wyse manne is in die klaaghuis, maar die hart van die dwase in die huis van vreugde.
5 Dit is beter om te luister na die bestraffing van ’n wyse as dat ’n mens luister na die lied van die dwase.
6 Want soos die geknetter van doringtakke onder ’n pot, so is die gelag van ’n dwaas. Dit is dan ook tevergeefs.
7 Sekerlik, afpersing maak ’n wyse dwaas, en ’n geskenk bederwe die hart.
8 Die einde van ’n saak is beter as sy begin; ’n lankmoedige is beter as ’n hoogmoedige.
9 Wees nie haastig in jou gees om jou te vererg nie, want ergernis rus in die boesem van die dwase.