1 WIE is soos die wyse, en wie weet die verklaring van die dinge? Die wysheid van ’n mens verhelder sy gesig, en die hardheid van sy gesig word daardeur verander.
2 Ek sê: Neem die bevel van die koning in ag, en wel ter wille van die eed by God.
3 Haas jou nie om van hom af weg te gaan nie; laat jou nie in met ’n slegte saak nie, want alles wat hy wil, doen hy.
4 Want die woord van die koning is magtig, en wie kan vir hom sê: Wat doen u?
5 Hy wat die gebod onderhou, sal geen kwaad ondervind nie; en die hart van ’n wyse sal die tyd en die regterlike beslissing belewe.