28 Maar die koning van die kinders van Ammon het nie geluister na die woorde van Jefta wat hy hom laat weet het nie.
29 Toe het die Gees van die Here op Jefta gekom, en hy het oorgetrek na Gílead en Manasse en verder deur na Mispe in Gílead; en van Mispe in Gílead het hy deurgetrek na die kinders van Ammon.
30 En Jefta het aan die Here ’n gelofte gedoen en gesê: As U werklik die kinders van Ammon in my hand gee,
31 dan sal wat uitkom, wat uit die deure van my huis uitkom my tegemoet, as ek in vrede terugkom van die kinders van Ammon, aan die Here behoort, en ek sal dit as ’n brandoffer bring.
32 Daarop het Jefta deurgetrek na die kinders van Ammon om teen hulle te veg, en die Here het hulle in sy hand gegee.
33 En hy het hulle verslaan van Ároër af in die rigting na Minnit, twintig stede, en tot by Abel-Kerámim — ’n baie groot slag; sodat die kinders van Ammon verneder is voor die kinders van Israel.
34 En toe Jefta in Mispa by sy huis kom, gaan sy dogter juis uit hom tegemoet met tamboeryne en koordanse; en sy was die enigste kind: hy het geen seun of dogter buiten haar gehad nie.