7 En daar was ’n jongman van Betlehem-Juda, uit die geslag van Juda; hy was ’n Leviet wat daar as vreemdeling vertoef het.
8 En die man het uit die stad, uit Betlehem-Juda, getrek om te vertoef waar hy plek kon kry; en op sy reis het hy in die gebergte van Efraim gekom tot by die huis van Miga.
9 En Miga vra hom: Waar kom u vandaan? Toe sê hy vir hom: Ek is ’n Leviet, uit Betlehem-Juda, en ek is op trek om te vertoef waar ek plek kan kry.
10 En Miga sê vir hom: Bly by my, en wees vir my ’n vader en ’n priester, dan sal ek u jaarliks tien sikkels silwer gee en ’n stel klere en u lewensonderhoud. En die Leviet het gegaan,
11 en die Leviet het ingewillig om by die man te bly; en die jongman was vir hom soos een van sy seuns.
12 En Miga het die Leviet aangestel, sodat die jongman sy priester geword het, en hy was in die huis van Miga.
13 Toe sê Miga: Nou weet ek dat die Here aan my goed sal doen, omdat ek ’n Leviet as priester het.