3 So sê Ek dan ook: Ek sal hulle nie voor julle uit verdrywe nie, sodat hulle vyande vir julle sal wees, en hulle gode ’n strik vir julle.
4 En terwyl die Engel van die Here met hierdie woorde al die kinders van Israel toespreek, het die volk hulle stem verhef en geween;
5 en hulle het dié plek Bogim genoem en daar aan die Here geoffer.
6 DAARNA het Josua die volk laat gaan, en die kinders van Israel het elkeen na sy erfdeel getrek om die land in besit te neem.
7 En die volk het die Here gedien al die dae van Josua en al die dae van die oudstes wat ná Josua nog in die lewe was, en al die groot werke van die Here gesien het wat Hy vir Israel gedoen het.
8 Maar Josua, die seun van Nun, die kneg van die Here, het gesterwe, honderd-en-tien jaar oud;
9 en hulle het hom begrawe op die gebied van sy erfdeel in Timnat-Heres, op die gebergte van Efraim, noord van die berg Gaäs.