1 MAAR die manne van Israel het al in Mispa gesweer en gesê: Niemand van ons mag sy dogter aan ’n Benjaminiet as vrou gee nie.
2 En toe die manskappe in Bet-el kom, het hulle daar gebly tot die aand toe voor die aangesig van God en hulle stem verhef en geween met ’n groot geween
3 en gesê: Waarom, o Here, God van Israel, het dit in Israel gebeur dat daar vandag een stam uit Israel vermis word?
4 Daarop het die manskappe die volgende dag vroeg klaargemaak en daar ’n altaar gebou en brandoffers en dankoffers gebring.