22 En as hulle vaders of hulle broers kom om by ons ’n saak te maak, sal ons vir hulle sê: Skenk hulle aan óns, want ons het nie vir elkeen ’n vrou in die oorlog geneem nie. Julle self het hulle mos nie aan hulle gegee nie; in dié geval alleen sou julle skuldig gewees het.
23 Die kinders van Benjamin het toe so gedoen: hulle het vroue volgens hulle getal weggedra uit die danseresse wat hulle geroof het; en hulle het weggegaan en teruggekeer na hul erfdeel toe, en hulle het die stede opgebou en daarin gewoon.
24 En die kinders van Israel het in daardie tyd daarvandaan weggegaan, elkeen na sy stam en na sy geslag, en hulle het daarvandaan uitgetrek, elkeen na sy erfdeel toe.
25 In dié dae was daar geen koning in Israel nie: elkeen het gedoen wat reg was in sy oë.