1 EN dit is die nasies wat die Here laat oorbly het om Israel, almal wat al die oorloë van Kanaän nie geken het nie, deur hulle op die proef te stel —
2 net dat die geslagte van die kinders van Israel dit kan weet — om hulle te leer oorlog voer, ten minste die wat daar vroeër nie van geweet het nie:
3 vyf vorste van die Filistyne en al die Kanaäniete en Sidoniërs en Hewiete wat in die gebergte Líbanon gewoon het, van die berg Baäl-Hermon af tot by die ingang na Hamat.
4 Hulle was dan daar om deur hulle Israel op die proef te stel; om te weet of hulle na die gebooie van die Here wat Hy hulle vaders deur Moses beveel het, sou luister.
5 SO het die kinders van Israel dan onder die Kanaäniete, Hetiete en Amoriete en Feresiete en Hewiete en Jebusiete gewoon,
6 en húl dogters vir hulle as vroue geneem en hulle eie dogters aan húl seuns gegee en hul gode gedien.
7 En die kinders van Israel het gedoen wat verkeerd was in die oë van die Here en die Here hulle God vergeet en die Baäls en die heilige boomstamme gedien.