3 vyf vorste van die Filistyne en al die Kanaäniete en Sidoniërs en Hewiete wat in die gebergte Líbanon gewoon het, van die berg Baäl-Hermon af tot by die ingang na Hamat.
4 Hulle was dan daar om deur hulle Israel op die proef te stel; om te weet of hulle na die gebooie van die Here wat Hy hulle vaders deur Moses beveel het, sou luister.
5 SO het die kinders van Israel dan onder die Kanaäniete, Hetiete en Amoriete en Feresiete en Hewiete en Jebusiete gewoon,
6 en húl dogters vir hulle as vroue geneem en hulle eie dogters aan húl seuns gegee en hul gode gedien.
7 En die kinders van Israel het gedoen wat verkeerd was in die oë van die Here en die Here hulle God vergeet en die Baäls en die heilige boomstamme gedien.
8 Daarop het die toorn van die Here teen Israel ontvlam, en Hy het hulle verkoop in die hand van Kusan Risatáim, die koning van Mesopotámië, en die kinders van Israel het Kusan Risatáim agt jaar lank gedien.
9 Maar toe die kinders van Israel die Here aanroep, het die Here ’n verlosser vir die kinders van Israel verwek, wat hulle verlos het: Ótniël, die seun van Kenas, die jonger broer van Kaleb.