16 Waarom het jy tussen die veekrale bly sit en luister na die fluitspel by die troppe vee? In die afdelings van Ruben was die voornemens van die hart groot.
17 Gílead het rustig oorkant die Jordaan gebly; en Dan, waarom vertoef hy by die skepe? Aser het bly sit aan die seekus en aan sy baaie rustig gebly.
18 Sébulon is ’n volk wat sy siel gering ag tot die dood toe; ook Náftali op die hoogvlaktes.
19 Konings het gekom, geveg; toe het die konings van Kanaän geveg by Táänag, by die waters van Megíddo — geen stuk silwer het hulle geneem nie.
20 Uit die hemel het die sterre geveg, uit hulle bane het hulle teen Sísera geveg;
21 die spruit Kison het hulle afgedrywe, die spruit van ontmoeting, die spruit Kison! Tree op, my siel, met mag!
22 Toe het die perdepote geklap van die gejaag, die gejaag van hulle geweldiges.