24 Verder het Gídeon vir hulle gesê: Ek wil aan julle ’n versoek doen: Gee nou elkeen vir my die ring uit sy buit! Want hulle het goue ringe gedra, omdat hulle Ismaeliete was.
25 Toe sê hulle: Ons wil dit graag gee; en hulle het ’n mantel uitgesprei en elkeen ’n ring van sy buit daarop gegooi.
26 En die gewig van die goue ringe wat hy gevra het, was sewentienhonderd sikkels goud, behalwe die maantjies en die oorversiersels en purper klere wat die konings van Mídian gedra het, en behalwe die kettings wat aan die nekke van hulle kamele was.
27 En Gídeon het daar ’n skouerkleed van gemaak en dit in sy stad, in Ofra, opgestel; en die hele Israel het dit daar agternagehoereer, en dit het vir Gídeon en sy huis ’n strik geword.
28 So moes die Midianiete dan buig voor die kinders van Israel, en hulle het hul hoof nie meer opgetel nie; en die land het in Gídeon se dae veertig jaar lank gerus.
29 En Jerúbbaäl, die seun van Joas, het in sy huis gaan woon.
30 En Gídeon het sewentig seuns gehad wat uit sy lende voortgekom het, want hy het baie vroue gehad.