31 En sy byvrou wat in Sigem was, het ook vir hom ’n seun gebaar, en hy het hom die naam Abiméleg gegee.
32 En Gídeon, die seun van Joas, het gesterf in goeie ouderdom en is begrawe in die graf van sy vader Joas, in Ofra van die Abiësriete.
33 Maar net toe Gídeon dood was, het die kinders van Israel weer die Baäls agternagehoereer en van Baäl-Berít vir hulle ’n god gemaak.
34 En die kinders van Israel het nie gedink aan die Here hulle God wat hulle uit die hand van al hul vyande rondom gered het nie.
35 En hulle het geen guns bewys aan die huis van Jerúbbaäl, dit is Gídeon, vir al die goed wat hy aan Israel gedoen het nie.