52 En Abiméleg het gekom tot by die toring en daarteen geveg; maar toe hy nader kom tot by die ingang van die toring om dit met vuur te verbrand,
53 gooi ’n vrou die boonste meulsteen op die hoof van Abiméleg en verbrysel sy skedel.
54 Toe roep hy gou die dienaar, sy wapendraer, en sê vir hom: Trek jou swaard uit en maak my van kant, dat hulle nie van my kan sê: ’n Vrou het hom gedood nie. Daarop het sy dienaar hom deurboor, en hy het gesterwe.
55 En toe die manne van Israel sien dat Abiméleg dood was, het hulle elkeen na sy woonplek gegaan.
56 So het God dan die kwaad van Abiméleg vergelde wat hy sy vader aangedoen het deur sy sewentig broers te vermoor.
57 En al die kwaad van die manne van Sigem het God op hulle eie hoof laat neerkom; en die vloek van Jotam, die seun van Jerúbbaäl, het oor hulle gekom.