1 EN in die dae toe die rigters geregeer het, was daar hongersnood in die land; daarom het ’n man uit Betlehem-Juda weggetrek om as vreemdeling te vertoef in die veld van Moab, hy en sy vrou en sy twee seuns.
2 En die naam van die man was Eliméleg en die naam van sy vrou Naómi en die naam van sy twee seuns Maglon en Giljon, Efratiete, uit Betlehem-Juda, en hulle het gekom in die veld van Moab en daar gebly.
3 En Eliméleg, die man van Naómi, het gesterwe, maar sy met haar twee seuns het oorgebly.
4 En hulle het vir hulle Moabitiese vroue geneem; die naam van die een was Orpa en die naam van die ander Rut; en hulle het daar omtrent tien jaar gebly.
5 En toe Maglon en Giljon altwee sterwe, en die vrou sonder haar twee seuns en haar man oorbly,