1 GODSPRAAK. Die woord van die Here oor Israel. Die Here spreek, wat die hemele uitsprei en die aarde grondves en die gees van die mens in sy binneste formeer:
2 Kyk, Ek maak Jerusalem vir al die volke rondom tot ’n beker van bedwelming, en ook teen Juda sal dit wees tydens die beleëring teen Jerusalem.
3 En in dié dag maak Ek Jerusalem tot ’n baie swaar klip vir al die volke: elkeen wat dit optel, sal hom daarmee sekerlik seer maak; en al die nasies van die aarde sal daarteen vergader word.
4 In dié dag, spreek die Here, sal Ek al die perde met verwarring slaan en hulle ruiters met waansin; maar oor die huis van Juda sal Ek my oë oophou, terwyl Ek al die perde van die volke met blindheid slaan.
5 Dan sal die stamhoofde van Juda in hulle hart sê: Die inwoners van Jerusalem is vir my ’n sterkte deur die Here van die leërskare, hulle God.