5 Maar hy sal sê: Ek is geen profeet nie, ek is ’n man wat die grond bewerk; want iemand het my van my jeug af as slaaf gekoop.
6 En as iemand vir hom sê: Watter wonde is daardie tussen jou hande? dan sal hy antwoord: So is ek geslaan in die huis van my vriende.
7 Ontwaak, o swaard, teen my herder, en teen die man wat my metgesel is! spreek die Here van die leërskare. Slaan die herder, sodat die skape verstrooi word; en Ek sal my hand weer uitstrek oor die geringes.
8 En in die ganse land, spreek die Here — twee-derdes sal daarin uitgeroei word, sal sterwe, maar een-derde daarin oorbly.
9 Dan sal Ek die derde deel in die vuur bring en hulle smelt soos ’n mens silwer smelt en hulle toets soos ’n mens goud toets. Hulle sal my Naam aanroep, en Ek sal hulle verhoor. Ek sê: Dit is my volk! En hulle sal sê: Die Here, my God!