1 EN ek het my oë opgehef en gekyk — daar was ’n man met ’n meetsnoer in sy hand.
2 Toe sê ek: Waar gaan u heen? En hy antwoord my: Om Jerusalem te meet, om te sien wat sy breedte en wat sy lengte is.
3 En meteens kom die engel wat met my gespreek het, vorentoe; en ’n ander engel het te voorskyn gekom, hom tegemoet,
4 aan wie hy sê: Loop gou, spreek met hierdie jongman en sê: Jerusalem sal lê soos ’n oop land weens die menigte van mense en vee daar binne-in.
5 En Ek sal vir hom wees, spreek die Here, ’n vurige muur rondom en tot heerlikheid daar binne-in.
6 Op, op, vlug uit die Noordland, spreek die Here! Want Ek het julle na die vier windstreke van die hemel verstrooi, spreek die Here.
7 Op, o Sion, red jouself, jy wat woon by die dogter van Babel!