8 Want so sê die Here van die leërskare: Hy het my gestuur agter heerlikheid aan na die nasies wat julle uitgebuit het; want wie julle aanraak, raak sý oogappel aan.
9 Want kyk, Ek sal my hand oor hulle swaai, sodat hulle ’n buit word vir hulle knegte. Dan sal julle weet dat die Here van die leërskare my gestuur het.
10 Jubel, en wees bly, o dogter van Sion! Want kyk, Ek kom om in jou midde te woon, spreek die Here.
11 En baie nasies sal hulle in dié dag by die Here aansluit, en hulle sal My tot ’n volk wees; en Ek sal in jou midde woon. Dan sal jy weet dat die Here van die leërskare my na jou gestuur het.
12 En die Here sal besit neem van Juda as sy erfdeel op die heilige grond en Jerusalem weer verkies.
13 Swyg alle vlees voor die Here! Want Hy verhef Hom uit sy heilige woning.