11 neem dan aan silwer en goud, en maak ’n kroon en sit dit op die hoof van Josua, die seun van Jósadak, die hoëpriester,
12 en sê vir hom dit: So spreek die Here van die leërskare: Kyk, daar kom ’n Man wie se Naam is Spruit, en Hy sal uit sy plek uitspruit, en Hy sal die tempel van die Here bou.
13 Ja, Hý sal die tempel van die Here bou, en Hý sal majesteit verkry en sit en heers op sy troon; ook sal Hy ’n priester wees op sy troon, en die raad van vrede sal tussen hulle twee bestaan.
14 En die kroon moet as gedagtenis bly aan Helem en Tobía en Jedája, en aan die vriendelikheid van die seun van Sefánja in die tempel van die Here.
15 En die wat ver is, sal kom en aan die tempel van die Here bou. Dan sal julle weet dat die Here van die leërskare my na julle gestuur het. En dit sal so wees, as julle nougeset luister na die stem van die Here julle God.