1 EN die woord van die Here van die leërskare het gekom en gesê:
2 So spreek die Here van die leërskare: Ek ywer oor Sion met ’n groot ywer, ja, Ek ywer met groot grimmigheid daarvoor.
3 So sê die Here: Ek keer terug na Sion en sal midde-in Jerusalem woon; en Jerusalem sal genoem word: Die stad van trou, en die berg van die Here van die leërskare: Die heilige berg.
4 So sê die Here van die leërskare: Daar sal weer ou manne en ou vroue op die pleine van Jerusalem sit — elkeen met sy stok in sy hand vanweë die veelheid van hulle dae.