2 En ook teen Hamat wat daaraan grens; teen Tirus saam met Sidon, want hy is baie slim.
3 Ja, Tirus het vir hom ’n vesting gebou; ook het hy silwer opgehoop soos stof en goud soos modder van die strate.
4 Kyk, die Here sal hom in besit neem en sy skans in die see werp, en hy sal deur vuur verteer word.
5 Áskelon sal dit sien en vrees; ook Gasa, wat sal sidder van angs; ook Ekron, omdat sy toeverlaat teleurgestel het; en uit Gasa verdwyn die koning, en Áskelon bly onbewoond;
6 en die baster sal in Asdod woon — so sal Ek dan aan die trotsheid van die Filistyn ’n einde maak —
7 en Ek sal die bloed uit sy mond verwyder en sy verfoeisels tussen sy tande uit; so sal hy dan ook vir onse God oorbly en wees soos ’n stamhoof in Juda, en Ekron soos ’n Jebusiet.
8 En Ek sal om my huis ’n laer trek teen die leërmag, teen die wat heen en weer trek, sodat geen oorheerser hulle weer sal oorrompel nie; want nou het Ek dit met my eie oë gesien.