25 en julle al my raad nie opgevolg en van my teregwysing nie wou geweet het nie,
26 daarom sal ek ook lag by julle ondergang, ek sal spot as julle verskrikking kom;
27 as julle verskrikking kom soos ’n onweer, en julle ondergang soos ’n stormwind aankom, as benoudheid en angs julle oorval.
28 Dan sal hulle na my roep, maar ek sal nie antwoord nie; hulle sal my soek, maar my nie vind nie.
29 Omdat hulle die kennis gehaat en die vrees van die Here nie verkies het nie,
30 van my raad nie wou weet nie, al my teregwysinge verag het,
31 daarom sal hulle eet van die vrug van hulle wandel en versadig word van hulle planne.