1 DIE spreuke van Salomo. ’n Wyse seun verbly die vader, maar ’n dwase seun is ’n bekommernis vir sy moeder.
2 Skatte deur goddeloosheid verwerf, bring geen voordeel nie, maar geregtigheid red van die dood.
3 Die Here laat die regverdige nie honger ly nie, maar die begeerlikheid van die goddelose stoot Hy weg.
4 Hy word arm wat met ’n trae hand werk, maar die hand van die vlytiges maak ryk.