16 Wat die regverdige verwerf, is vir die lewe; die inkomste van die goddelose is tot sonde.
17 ’n Pad ten lewe is hy wat die tug in ag neem; maar hy wat die teregwysing veronagsaam, raak verdwaald.
18 Hy wat haat verberg, het valse lippe; en hy wat skindertaal uitstrooi, is ’n dwaas.
19 By veelheid van woorde ontbreek die oortreding nie; maar hy wat sy lippe inhou, handel verstandig.
20 Die tong van die regverdige is uitgesoekte silwer; die hart van die goddelose is min werd.
21 Die lippe van die regverdige help baie mense reg; maar die dwase sterf deur gebrek aan verstand.
22 Die seën van die Here — dit maak ryk, en moeitevolle arbeid voeg daar niks by nie.