14 As daar nie goeie oorleg is nie, val ’n volk; maar in die veelheid van raadgewers is redding.
15 Baie sleg word iemand behandel as hy vir ’n ander borg gestaan het; maar hy wat haat wie die handslag gee, is veilig.
16 ’n Aanvallige vrou verkry eer, en die geweldenaars verkry rykdom.
17 ’n Man wat ’n weldaad bewys, doen goed aan sy eie siel, maar ’n wreedaard pynig sy eie vlees.
18 Die goddelose behaal oneerlike wins, maar hy wat geregtigheid saai, ’n betroubare loon.
19 Ware geregtigheid lei tot die lewe, maar hy wat die kwaad najaag, jaag na sy dood.
20 Die wat verkeerd van hart is, is vir die Here ’n gruwel; maar Hy het behae in die wat regskape van wandel is.