3 Geen mens kan deur goddeloosheid bestaan nie, maar die wortel van die regverdiges wankel nie.
4 ’n Deugsame vrou is die kroon van haar man, maar een wat skande maak, is soos ’n verrotting in sy gebeente.
5 Die gedagtes van die regverdiges is wat reg is, die slim planne van die goddelose is bedrog.
6 Die woorde van die goddelose is om te loer op bloed, maar die mond van die opregtes red hulle.
7 Die goddelose mense word omgekeer, en hulle is daar nie meer nie; maar die huis van die regverdiges bly staan.
8 Ooreenkomstig sy insig word ’n man geprys; maar ’n verkeerde van hart sal verag word.
9 Wie gering geag word en ’n slaaf het, is beter as hy wat hom vernaam aanstel en gebrek aan brood het.