1 DIE wysheid van die vroue bou die huis, maar die sotheid breek dit met eie hande af.
2 Wie in sy opregtheid wandel, vrees die Here; maar hy wat verkeerd is in sy weë, verag Hom.
3 In die mond van die sot is ’n roede vir sy trots, maar die lippe van die wyse bewaar hulle.
4 Waar geen beeste is nie, is die krip leeg, maar deur die krag van die os is die inkomste baie.
5 ’n Betroubare getuie lieg nie, maar ’n valse getuie strooi leuens uit.
6 Die spotter soek wysheid, en dit is nie daar nie; maar vir die verstandige is kennis maklik.
7 Gaan weg voor ’n dwase man, want jy het daar niks gemerk van die lippe van kennis nie.