21 Wie sy naaste verag, doen sonde; maar hy wat medelyde het met die ellendiges, hy is gelukkig.
22 Verdwaal hulle nie wat onheil bewerk nie? Maar liefde en trou is vir die wat die goeie bewerk.
23 In enige moeitevolle arbeid is voordeel, maar praatjies is net tot gebrek.
24 Die kroon van die wyse is hulle rykdom, die sotheid van die dwase bly sotheid.
25 ’n Betroubare getuie red lewens, maar hy wat leuens uitstrooi, is bedrog.
26 In die vrees van die Here lê ’n sterk sekerheid, ook vir die kinders van ’n sodanige sal daar ’n toevlug wees.
27 Die vrees van die Here is ’n fontein van die lewe, om van die strikke van die dood af te wyk.