30 ’n Rustige hart is die lewe vir die vlees, maar hartstog ’n verrotting vir die gebeente.
31 Wie die geringe verdruk, versmaad sy Maker, maar hy wat hom oor die behoeftige ontferm, eer Hom.
32 In sy ongeluk word die goddelose omgestoot, maar die regverdige vind ’n toevlug by sy dood.
33 Wysheid rus in die hart van die verstandige, word selfs rugbaar te midde van die dwase.
34 Geregtigheid verhoog ’n volk, maar die sonde is ’n skandvlek vir die nasies.
35 Die welbehae van die koning is vir ’n verstandige dienaar, maar een wat skande maak, is ’n voorwerp van sy grimmigheid.