7 Gaan weg voor ’n dwase man, want jy het daar niks gemerk van die lippe van kennis nie.
8 Die wysheid van die skrandere is om sy weg te verstaan, maar die sotheid van die dwase is bedrog.
9 Die skuldoffer spot met die dwase, maar tussen die opregtes is daar welwillendheid.
10 Die hart ken sy eie verdriet, en in sy blydskap kan ’n ander hom nie meng nie.
11 Die huis van die goddelose word verdelg, maar die tent van die opregtes bloei.
12 Daar is ’n weg wat vir ’n mens reg lyk, maar die einde daarvan is weë van die dood.
13 Ook onder gelag kan die hart pyn ly, en die einde van so ’n blydskap is bekommernis.