19 Dit is beter om nederig van gees te wees saam met die ootmoediges as om buit te verdeel met die trotsaards.
20 Wie ag gee op die Woord, sal die goeie vind; en hy wat op die Here vertrou, is gelukkig.
21 ’n Wyse van hart word verstandig genoem, en soetheid van lippe vermeerder die lering.
22 ’n Fontein van die lewe is die verstand vir sy besitter, maar die tugtiging van die sotte is sotheid.
23 Die hart van die wyse maak sy mond verstandig en vermeerder die lering op sy lippe.
24 Vriendelike woorde is soos ’n heuningkoek: soet vir die siel en ’n genesing vir die gebeente.
25 Daar is ’n weg wat vir ’n mens reg lyk, maar die einde daarvan is weë van die dood.