6 Deur liefde en trou word die skuld versoen, en deur die vrees van die Here wyk ’n mens af van die kwaad.
7 As die Here behae het in die weë van ’n man, dan laat Hy selfs sy vyande met hom vrede hou.
8 Liewer ’n bietjie met geregtigheid, as ’n menigte van inkomste met onreg.
9 Die hart van die mens dink sy weg uit, maar die Here rig sy voetstappe.
10 Die beslissing is op die lippe van die koning; in die regspraak handel sy mond nie ontrou nie.
11 ’n Regte weegtoestel en weegskaal kom van die Here, al die weegstene in die sak is sy werk.
12 Dit is ’n gruwel vir konings om goddeloosheid te doen, want deur geregtigheid word die troon bevestig.