2 Selfs ywer is sonder kennis nie goed nie; en hy wat haastig is met die voete, trap mis.
3 ’n Mens se sotheid bederwe sy weg, maar sy hart is vertoorn op die Here.
4 Goed bring baie vriende aan, maar die arme word deur sy vriend verlaat.
5 ’n Valse getuie bly nie ongestraf nie, en hy wat leuens uitstrooi, sal nie vrykom nie.
6 Baie soek die guns van die edele, en die man van geskenke het ’n hoop vriende.
7 Al die broers van die arme haat hom; hoeveel te meer hou sy vriende hulle ver van hom af! Hy jaag agter hulle aan met woorde — weg is hulle!
8 Wie verstand verkry, het sy lewe lief; hy wat insig bewaar, sal die goeie vind.