18 Planne kom deur beraadslaging tot stand; voer dan oorlog met goeie oorleg.
19 Wie met kwaadsprekery omgaan, maak ’n geheim openbaar; laat jou dus nie in met een wat sy lippe laat oopstaan nie.
20 Wie sy vader of sy moeder vloek, sy lamp gaan in pikdonker dood.
21 ’n Besit wat by die begin haastig bymekaargeskraap is — die einde daarvan sal tog nie geseënd wees nie.
22 Moenie sê: Ek wil die kwaad vergelde nie! Wag op die Here, dat Hy jou help.
23 Twee soorte gewig is vir die Here ’n gruwel, en ’n valse weegskaal is nie goed nie.
24 Die voetstappe van ’n man hang van die Here af: hoe sou ’n mens dan sy weg verstaan?