2 Die dreiging van die koning is soos die gebrom van ’n jong leeu; wie hom vertoorn, verbeur sy lewe.
3 Dit is ’n eer vir ’n man om van twis weg te bly, maar elke sot breek los.
4 In die herfs ploeg die luiaard nie; en verlang hy iets in die oestyd, dan is daar niks nie.
5 Die raad in die hart van ’n man mag diep waters wees, ’n man van verstand sal dit tog uitskep.
6 Baie mense roem hulle eie welwillendheid, maar wie vind ’n betroubare man?
7 Wie in sy regskapenheid wandel as ’n regverdige — gelukkig is sy kinders ná hom.
8 ’n Koning wat op die regterstoel sit, wan met sy oë alles uit wat sleg is.