23 Twee soorte gewig is vir die Here ’n gruwel, en ’n valse weegskaal is nie goed nie.
24 Die voetstappe van ’n man hang van die Here af: hoe sou ’n mens dan sy weg verstaan?
25 Dit is vir die mens ’n strik dat hy onbedagsaam sê: Heilig! om dan eers ná die geloftes te oorweeg.
26 ’n Wyse koning wan die goddelose uit en laat die dorswiel oor hulle draai.
27 Die gees van die mens is ’n lamp van die Here, dit deursoek al die kamers van die binneste.
28 Liefde en trou behoed die koning, en deur liefde stut hy sy troon.
29 Die sieraad van die jongmanne is hulle krag, en die versiersel van grysaards is grys hare.