25 Die begeerte van die luiaard sal hom doodmaak, want sy hande weier om te werk;
26 die hele dag deur word daar dringend begeer, maar die regverdige gee en hou nie terug nie.
27 Die offer van die goddelose is ’n gruwel; hoeveel te meer as hulle dit met skandelike bedoeling bring.
28 ’n Leuenagtige getuie kom om; maar ’n man wat goed toeluister, spreek vir altyd.
29 Die goddelose trek ’n onbeskaamde gesig, maar die opregte gee aan sy weë die regte rigting.
30 Daar is geen wysheid, en daar is geen verstand, en daar is geen raad teenoor die Here nie.
31 Die perd word reggemaak vir die dag van die geveg, maar die oorwinning is deur die Here.