4 Hoogheid van oë en trotsheid van hart — die glans van die goddelose is sonde.
5 Die planne van die vlytige is net tot voordeel, maar elkeen wat oorhaastig is, kom net tot gebrek.
6 Die verwerwing van skatte deur ’n valse tong is ’n verwaaide asem — dodelike valstrikke.
7 Die gewelddadigheid van die goddelose sleep hulle weg, want hulle weier om reg te doen.
8 Gekronkeld is die weg van ’n skuldige mens; maar die reine — sy handeling is reg.
9 Dit is beter om op die hoek van ’n dak te woon as by ’n twisgierige vrou en ’n gemeenskaplike huis.
10 Die siel van die goddelose begeer die kwaad; sy naaste vind in sy oë geen genade nie.