1 ’n NAAM is verkiesliker as groot rykdom, guns beter as silwer en as goud.
2 Rykes en armes ontmoet mekaar, die Here het hulle almal gemaak.
3 ’n Skrander mens sien die onheil en verberg hom, maar die eenvoudiges gaan verder en word gestraf.
4 Die loon van nederigheid is die vrees van die Here, is rykdom en eer en die lewe.
5 Dorings, vangnette lê op die pad van die verkeerde; hy wat sy siel wil bewaar, bly ver weg daarvandaan.
6 Oefen die seun volgens die eis van sy weg; dan sal hy, ook as hy oud word, daar nie van afwyk nie.