10 Dryf die spotter weg, dan gaan die twis weg; en die stryery en die geskimp hou op.
11 Hy wat reinheid van hart liefhet, wie se lippe aangenaam is — die koning is sy vriend.
12 Die oë van die Here bewaar kennis; daarom verydel Hy die woorde van die ontroue.
13 Die luiaard sê: Daar is ’n leeu buitekant; ek kan in die middel van die strate gedood word!
14 Die mond van die vreemde vroue is ’n diep kuil; hy op wie die Here vertoornd is, sal daarin val.
15 As die sotheid vassit in die hart van die seun, die tugroede sal dit daaruit verwyder.
16 Wie die arme verdruk, bevoordeel hom; hy wat aan die ryke gee, verarm hom net.