1 DIT is ook spreuke van Salomo, wat die manne van Hiskía, die koning van Juda, versamel het.
2 Dit is die eer van God om ’n saak te verberg, maar die eer van konings om ’n saak na te speur.
3 Die hoogte van die hemele en die diepte van die aarde en die hart van die konings is ondeurgrondelik.
4 Verwyder jy die skuim uit die silwer, dan sal daar vir die silwersmid ’n voorwerp uitkom;
5 verwyder die goddelose voor die koning weg, dan sal sy troon deur geregtigheid bevestig word.
6 Pronk nie voor die koning nie, en staan nie op die plek van die grotes nie.
7 Want dit is beter dat vir jou gesê word: Kom op hierheen! — as dat jy verneder word voor ’n edele wat jou oë gesien het.