20 Soos een wat ’n kleed uittrek op ’n koue dag, soos asyn op loog, so is een wat ’n bedroefde hart met liedere verwelkom.
21 As jou vyand honger het, gee hom brood om te eet; en as hy dors het, gee hom water om te drink.
22 Want jy hoop gloeiende kole op sy hoof, en die Here sal jou dit vergelde.
23 Die noordewind bring ’n reënbui voort, en die tong wat agteraf praat — kwaai gesigte.
24 Om te woon op die hoek van ’n dak, is beter as by ’n twisgierige vrou en ’n gemeenskaplike huis.
25 Koue water op ’n vermoeide siel, so is ’n goeie tyding uit ’n ver land.
26 ’n Troebel fontein en ’n vuile bron, so is die regverdige wat wankel voor die goddelose.