1 SOOS sneeu in die somer en soos reën in die oestyd, so pas eer nie by ’n dwaas nie.
2 Soos die voëltjie wegfladder, soos die swaweltjie wegvlieg, so is ’n vervloeking sonder oorsaak: dit kom nie uit nie.
3 ’n Sweep is vir die perd, ’n toom vir die esel en ’n roede vir die rug van die dwase.
4 Antwoord ’n dwaas nie na sy sotheid nie, sodat jy ook nie net soos hy word nie.
5 Antwoord ’n dwaas na sy sotheid, sodat hy nie wys is in sy eie oë nie.