6 Die wonde deur een wat liefhet, is opreg bedoel, maar die soene deur ’n vyand is oorvloedig.
7 ’n Versadigde siel vertrap die heuningstroop, maar vir ’n hongerige siel is alles wat bitter is, soet.
8 Soos ’n voël wat ver van sy nes af rondvlieg, so is ’n man wat ver van sy tuisplek af rondswerwe.
9 Olie en reukwerk verbly die hart, net so die aangenaamheid van ’n vriend vanweë welgemeende raad.
10 Moenie jou vriend en die vriend van jou vader verlaat nie, en kom nie in die huis van jou broer op die dag van jou teëspoed nie. ’n Buurman wat naby is, is beter as ’n broer wat ver is.
11 Wees wys, my seun, en verbly my hart, sodat ek hom wat my smaad, kan antwoord gee.
12 As ’n skrandere die onheil sien, verberg hy hom; maar die eenvoudiges gaan verder, word gestraf.