4 Die wat die wet verlaat, hulle prys die goddelose; maar die wat die wet onderhou, word vererg oor hulle.
5 Slegte mense verstaan die reg nie, maar die wat die Here soek, verstaan alles.
6 Die arme wat in sy regskapenheid wandel, is beter as die verkeerde wat twee paaie wil loop en daarby ryk is.
7 Wie die wet bewaar, is ’n verstandige seun; maar hy wat met deurbringers omgaan, steek sy vader in die skande.
8 Wie sy goed vermeerder deur rente en deur woeker, maak bymekaar vir een wat hom oor die armes sal ontferm.
9 Wie sy oor wegdraai om nie na die wet te luister nie, selfs sy gebed is ’n gruwel.
10 Wie die opregtes laat verdwaal op ’n verkeerde weg, sal self in sy eie kuil val; maar die regskapenes sal die goeie beërwe.