1 ’n MAN wat baie bestraf is, en sy nek verhard, sal onvoorsiens verbreek word sonder dat daar genesing is.
2 As die regverdiges talryk word, is die volk bly; maar as die goddelose heers, sug die volk.
3 ’n Man wat die wysheid liefhet, verbly sy vader; maar hy wat met hoere omgaan, bring die goed deur.
4 ’n Koning hou deur reg die land in stand, maar ’n man wat belastings afpers, verwoes dit.
5 ’n Man wat sy naaste vlei, sprei ’n net uit voor sy voetstappe.
6 In die oortreding van ’n slegte mens is ’n strik, maar die regverdige sal jubel en bly wees.
7 Die regverdige ken die reg van die armes, maar die goddelose verkry geen kennis nie.