3 ’n Man wat die wysheid liefhet, verbly sy vader; maar hy wat met hoere omgaan, bring die goed deur.
4 ’n Koning hou deur reg die land in stand, maar ’n man wat belastings afpers, verwoes dit.
5 ’n Man wat sy naaste vlei, sprei ’n net uit voor sy voetstappe.
6 In die oortreding van ’n slegte mens is ’n strik, maar die regverdige sal jubel en bly wees.
7 Die regverdige ken die reg van die armes, maar die goddelose verkry geen kennis nie.
8 Manne wat spot, bring ’n stad in oproer, maar die wyse bring die toorn tot bedaring.
9 Het ’n wyse man met ’n sot ’n regsaak, dan gaan die sot te kere en lag, sonder bedaring.