32 Want die verkeerde is vir die Here ’n gruwel, maar sy verborgenheid is met die opregtes.
33 Die vloek van die Here is in die huis van die goddelose, maar Hy seën die woning van die regverdiges.
34 As dit spotters betref, spot Hy, maar aan die ootmoediges gee Hy genade.
35 Die wyse sal eer beërwe, maar die dwase behaal skande.