1 DIE woorde van Lémuël, die koning van Massa, waarmee sy moeder hom vermaan het:
2 Wat, my seun, ja wat, seun van my skoot, ja wat, seun van my geloftes, sal ek sê?
3 Gee jou krag nie aan vroue of jou omgang aan die wat konings uitroei nie.
4 Die konings, o Lémuël, die konings moet nie wyn drink nie, en die vorste moet nie sterk drank begeer nie;
5 anders drink hy en vergeet die insettinge en verdraai die reg van al die ellendiges.